top of page
Kaalwoorde Reisjoernaal.png
Writer's picturekaalwoorde

#Reisjoernaal Inskrywing 4 - Voel soos ‘n koninklike in Prince Albert @ Onse Rus Guesthouse

Updated: Jul 8, 2022

Vandat ek kan onthou het mense groot gepraat van Prince Albert. Hulle was reg. Dis ‘n moét sien! Die dorpie bederf jou met ‘n rus en vrede wat net ‘n koninklike ervaar.

Dit was toe so toepaslik om tuis te gaan by Onse Rus Guesthouse. ‘n Stylvolle, moderne gastehuis in die hartjie van Prince Albert. Onse Rus is stap afstand van restaurante, die Fransie Pienaar Museum en die plaaslike kuns gallery, waar enige iemand ‘n waardering vir kuns sal kweek.


Die kamers is toegerus met alles wat jy sal nodig hê, van ‘n koffie stasie met die lekkerste koffie en tees, tot ‘n sitkamer, die gemaklikste beddens en ‘n stylvolle badkamer, geskik vir ‘n koningin - presies hoe ek gevoel het om hier tuis te gaan!


Die kamers loop uit op die tuin en die swembad wat perfek is vir ‘n afkoel en ontspan sessie op warm somersdae. Daar is ook ‘n buite sitkamer met ‘n groot tafel vir groep kuiers en ‘n pienk yskas / “honesty bar” met drankies en koeldranke wat die kuier net nog meer gesellig maak.


Leonard en Neil gaan uit hulle pad uit om ‘n mens te laat welkom voel en gee ook die beste voorstelle vir wat om te doen in Prince Albert. Die ontbyt was ongelooflik, met talle tuisgemaakte produkte en produkte van nabye deli’s en besighede om jou die outentieke ervaring van Prince Albert te gee.


Onse Rus het my gedagtes die rus gegee wat ek nodig gehad het vir ‘n gedig of twee in bundel twee.


Ek sal verseker terugkeer na Prince Albert en ek moet bieg dat ek altyd net by een plek daar sal bly - Onse Rus Guesthouse!


Bederf jouself en voel soos ‘n koninklike deur hier jou wegbreek te bespreek: https://www.onserus.co.za

Foto’s deur Liani Louw (Instagram: @alouwdown)




19 views0 comments

Opmerkingen


bottom of page