top of page
Kaalwoorde Reisjoernaal.png
Writer's picturekaalwoorde

#Reisjoernaal Inskrywing 16 - Die moderne herberg @ Kairos Home, Middelburg

Net anderkant Witbank en net voor Lydenburg, lê Middelburg in Mpumalanga. Middelburg word gesien as die plek van staal in Suid-Afrika en is ook die middeweg tussen industriële en landbou gebied.


Ons stop by Kairos Home en word verwelkom deur Dawine en haar man. Ons voel onmiddellik tuis en sit saam met hulle op die stoep in die middagson en gesels oor waar Kairos vandaan kom, wat hulle gelei het tot in Middelburg en hoe hulle besluit het om die gastehuis oop te maak.


Ons kry 'n toer van die huis en die tuin en eindig in die konferensie kamer op waar ons hartstories uitruil en sien hoe ongelooflik Sy handewerk tussen mense is.


Kairos Home is gerieflik geleë tussen Gauteng en die Kruger Nasionale Park, en spog met 'n aantal privaat eenhede op die perseel elk met hul eie ingang. Elke eenheid het 'n ten volle toegerusde kombuis en die eenheid waarin ons tuis gegaan het, het ook sy eie sitkamer gehad. Die eenheid was baie mooi oorgedoen, skoon en het 'n gevoel van huislikheid teweeg gebring. Die perfekte oornag plek op pad Dullstroom toe wat kompleet soos 'n 4-ster herberg voel.


Gaan kuier gerus by die hartsmense van Kairos Home. Jy sal nie spyt wees nie!







20 views0 comments

Comments


bottom of page