180km buite Kaapstad, in die pragtige dorp van Montagu, gaan ons tuis by die mooie Monte Vista Boutique Hotel.
Woorde is nie genoeg om hierdie asemrowende dorp en hotel vas te vang nie. Soos wat mens Montagu binne ry voel jy die energie aan, die ou Kaaps Hollandse huisies, die skoon strate en vriendelike mense verwelkom jou met ope arms. Monte Vista is stap afstand van meeste van die dorp se aantreklikhede en die oulike eienaars en span maak almal tuis voel en het ‘n lys vol van aktiwiteite in die area.
Die stylvolle kamers loop uit op ‘n pragtige grasperk met ‘n helder blou swembad, perfek vir die somersdae. Die gemeenskaplike sitkamer het ‘n lekker warm kaggel en eerlikheidskroeg vir die koue wintersdae. Die ontbyt is kleurvol en lyk soos iets uit ‘n keurige kos tydskrif (dit smaak ook nét so hemels!). Die span gaan uit hulle pad uit en help tot met besprekings vir aandete by die dorp se spog restaurant, 22 on Church.
Hierdie prentjie mooi dorp is ‘n moet om te verken - of dit nou te voet of met fiets is. Om seker te maak jou droom wegbreek speel af soos in jou kop, beveel ek Monte Vista Boutique Hotel verseker aan!
Bespreek gerus hier: https://montevistaboutiquehotel.co.za/?gclid=EAIaIQobChMI__GFjuCa-AIVnI9oCR0W6wJpEAAYASAAEgKhKPD_BwE
Comentarios