top of page

Kaap: Kaalwoorde Open Mic - Digter registrasie

Sa. 22 Okt.

|

Red Chair Bistro, Rooiberg

Kom lees jou gedigte of nooi jou rooiwyn vriende en kom stem vir jou gunsteling digter!

Registrasies het gesluit
Sien ander geleenthede
Kaap: Kaalwoorde Open Mic - Digter registrasie
Kaap: Kaalwoorde Open Mic - Digter registrasie

Tyd en Plek

22 Okt. 2022 18:00

Red Chair Bistro, Rooiberg, 4800, South Africa

Meer oor die vertoning

Vir toeskouer kaartjies, bespreek asseblief per Whatsapp by 079 500 9445 of skakel 023 626 1243 of stuur 'n e-pos na redchair@rooiberg.com

Wil jy deelneem aan die eerste Kaalwoorde Kaap Open Mic Digkuns Aand? Skryf hier in!

Wanneer en waar?

Saterdag, 22 Oktober 2022

18:00 vir 19:00

Red Chair Bistro, Rooiberg, Robertson

Hoeveel kos kaartjies?

Toeskouer kaartjies is R110 pp en sluit 'n verwelkomingsdrankie in.

Digters hoef nie te betaal om deel te neem nie.

Bespreek by: Whatsapp by 079 500 9445 of skakel 023 626 1243 of stuur 'n e-pos na redchair@rooiberg.com 

Hoe werk dit:

  • Elke digter kry 7 minute om hulle digkuns voor te lees of voor te dra. Dit moet jou eie werk wees, tensy jy iemand anders genomineer het om namens jou voor te lees en dit met Kaalwoorde gereël het.
  • Jy kan kies watter en hoeveel gedigte jy wil voorlees
  • Politiese en kragtige gedigte word toegelaat, maar kru taal, laster en enige haatspraak of persoonlike aftakeling en / of afkraking van 'n persoon of entiteit word verbied.
  • Jy mag 'n instrument gebruik as jy sou wou - reël net vooraf met Kaalwoorde omrede ons die klank ens. moet uitsorteer.
  • Net een digter word op 'n slag op die verhoog toegelaat.
  • Die gehoor stem digitaal vir hulle gunsteling digter, wie dan wegstap met 'n klomp lekker pryse! Nooi dus al jou vriende en medesterwendes om vir jou te kom stem!
  • Indien jy drankies / kos bestel op die aand sal dit vir eie rekening wees.

'n Paar reëls:

  • Deelnemende digters hoef nie vir hulself 'n kaartjie te koop om die aand by te woon nie, en daar is nie 'n inskrywingsfooi nie.
  • Digters moet asb 17:30 aanmeld by Red Chair Bistro, Rooiberg.
  • Digters mag hulle "merch" by die aand verkoop as hulle sou wou, maar jy moet jou eie tafel / vertoonkas opstel en saambring en ook jou eie kleinkas en kaart betalings behartig. Kaalwoorde en Red Chair kan ongelukkig nie hulle kaartmasjiene beskikbaar stel vir jou aankope nie.
  • Daar sal 'n mikrofoon op die verhoog beskikbaar wees vir jou gebruik en 'n tafeltjie indien jy iets sou wou neersit.
  • Omdat ons almal saam staan, sal ons verkies dat digters tot die einde bly vir die prysuitdeling. Pryse sal ongelukkig nie in afwesigheid uitgedeel word nie. 

Skedule


  • 1 uur

    Toeskouers arriveer

    Red Chair Bistro & Deli

  • 2 uur

    Digters begin voorlees

    Red Chair Bistro & Deli
1 more item available

Deel dit met iemand

bottom of page