top of page

Kaalwoorde Open Mic Digkuns: Kersfees Edition (Digter Registrasie)

Do. 23 Nov.

|

Railways Cafe, Pretoria

Kom lees jou gedigte of nooi jou rooiwyn vriende en kom stem vir jou gunsteling digter!

Registrasies het ongelukkig gesluit
Sien ander geleenthede
Kaalwoorde Open Mic Digkuns: Kersfees Edition (Digter Registrasie)
Kaalwoorde Open Mic Digkuns: Kersfees Edition (Digter Registrasie)

Tyd en Plek

23 Nov. 2023 18:00

Railways Cafe, Pretoria, 2 Hack Rd, Irene, Pretoria, 0157, South Africa

Meer oor die vertoning

Vir toeskouer kaartjies, bespreek asseblief op Quicket!

Wil jy deelneem aan die Kaalwoorde Pretoria Open Mic Digkuns Aand: Kersfees Edition op 23 November 2023? Skryf hier in!

Wanneer en waar?

Donderdagaand, 23 November 2023

18:00 vir 18:30

Railways Cafe, Irene, Pretoria

Hoeveel kos kaartjies?

Toeskouer kaartjies is R65 pp op Quicket.

Digters hoef nie te betaal om deel te neem nie.

Hoe werk dit:

  • Digters moet 18 jaar of ouer wees om deel te neem.
  • Elke digter kry 7 minute om hulle digkuns voor te lees of voor te dra. Dit moet jou eie werk wees, tensy jy iemand anders genomineer het om namens jou voor te lees en dit met Kaalwoorde gereël het.
  • Die tema van die aand is kersfees. Daar sal dus spesiale voorkeur gegee word aan kersfees gedigte en daar sal ook 'n beste gedig wenner wees.
  • Jy kan kies watter en hoeveel gedigte jy wil voorlees.
  • Politiese en kragtige gedigte word toegelaat, maar kru taal, laster en enige haatspraak of persoonlike aftakeling en / of afkraking van 'n persoon of entiteit word verbied.
  • Jy mag 'n instrument gebruik as jy sou wou - reël net vooraf met Kaalwoorde omrede ons die klank ens. moet uitsorteer.
  • Net een digter word op 'n slag op die verhoog toegelaat.
  • Die gehoor stem digitaal vir hulle gunsteling digter, wie dan wegstap met 'n klomp lekker pryse! Nooi dus al jou vriende en medesterwendes om vir jou te kom stem!
  • Indien jy drankies / kos bestel op die aand sal dit vir eie rekening wees.

'n Paar reëls:

  • Deelnemende digters hoef nie vir hulself 'n kaartjie te koop om die aand by te woon nie, en daar is nie 'n inskrywingsfooi nie.
  • Digters moet asb 17:45 aanmeld by Railways Cafe, Pretoria.
  • Digters mag hulle "merch" by die aand verkoop as hulle sou wou, maar jy moet jou eie tafel / vertoonkas opstel en saambring en ook jou eie kleinkas en kaart betalings behartig. Kaalwoorde en Railways Cafe kan ongelukkig nie hulle kaartmasjiene beskikbaar stel vir jou aankope nie.
  • Daar sal 'n mikrofoon op die verhoog beskikbaar wees vir jou gebruik en 'n tafeltjie indien jy iets sou wou neersit.
  • Omdat ons almal saam staan, sal ons verkies dat digters tot die einde bly vir die prysuitdeling. Pryse sal ongelukkig nie in afwesigheid uitgedeel word nie.

Deel dit met iemand

bottom of page